# Die Departement van Gesondheid sê Suid-Afrika is steeds verbind tot die uitwissing van servikale kanker as ‘n openbare gesondheidsprobleem teen 2030. Die siekte bly een van die vernaamste oorsake van kankersterftes onder vroue, met ongeveer agt-duisend-382 gevalle wat in 2024 aangeteken is. Meer as 428-duisend meisies het tydens die skoolveldtog in Februarie en Maart die MPV-entstof ontvang, wat ‘n dekking van 91-persent verteenwoordig. Foster Mohale van die departement het ‘n beroep op vroue gedoen om vir siftingstoetse te gaan, en op ouers om hul dogters te laat inent.
Gesondheidsdepartement hernu verbintenis tot uitwissing van servikale kanker teen 2030