# Die gesin van die vermiste bootkaptein, Jan Mokonyane, vra die regering om gespesialiseerde toerusting beskikbaar te stel om soek-en-reddingspogings in die Hartbeespoortdam te versnel. Waterhiasinte bedek tans sowat 46-persent van die dam, wat toegang ernstig belemmer. Mokonyane het op 25 Oktober verdwyn toe die boot met nege mense aan boord omgeslaan het. Agt mense is gered, maar Mokonyane word steeds vermis.
Gesin vra hulp met soektog na vermiste bootkaptein in Hartbeespoortdam