Skip to content

Gesin hoopvol oor soektog na vermiste 21‑jarige in die Krokodilrivier

# Die gesin van die 21‑jarige Zenande Chiloane wat in die Krokodilrivier in Mpumalanga vermis geraak het sê hulle bly hoopvol terwyl die soektog sy sesde dag bereik. Reddingspanne beplan om ‘n helikopter in te span om te help. ‘n Voertuig met drie insittendes het versuim om by ‘n kruising in die KaMagugu/Universiteit van Mpumalanga-gebied te stop. Twee van die slagoffers is reeds gevind. Daar word vermoed dat die voertuig teen ‘n hoë spoed gery het voor die ongeluk plaasgevind het. Owerhede het nog nie verdere besonderhede oor die voorval bekend gemaak nie.