Skip to content

George waarsku inwoners om waaksaam te bly teen swendelaars [KLANK]

# Die George-munisipaliteit in die Wes-Kaap waarsku inwoners, rekeninghouers en werksoekers om waaksaam te wees teen swendelaars wat hulle voordoen as munisipale amptenare. Inwoners ontvang tans bedrieglike SMS’e wat sê hulle rekeninge is agterstallig en hulle het 14 dae tyd om te betaal voor dienste afgesny word. Die munisipaliteit se woordvoerder, Debra Sauer, sê die boodskappe gee vals rekeningnommers of alternatiewe verwysingsnommers, en gee inwoners opdrag om geld in privaat of onbekende bankrekeninge te betaal:

AFR SauerONScammers