# Gemengde gevegskuns: Die Suid-Afrikaner Dricus du Plessis hoop om Sondag sy reis terug na die UFC-middelgewigwêreldtitel te begin in sy geveg teen die Nigeries-Amerikaner Kamara Usman in Oklahoma, Amerika. Hy het sy gordel twee keer suksesvol verdedig voordat die Rus Khamzat Chimaev hom in Augustus verlede jaar verslaan het. Die 32-jarige Du Plessis dink nie ‘n oorwinning oor Usman sal genoeg wees om hom ‘n wêreldtitelgeveg te besorg nie, maar sal die organiseerders se aandag trek met ‘n vertoning wat sal bewys hy’s die beste in die wêreld.
Gemengde gevegskuns: Du Plessis hoop geveg teen Usman is begin van sy reis terug na wêreldtitel