Skip to content

Gemengde Gevegskuns: Dricus du Plessis oorweldig Kamaru Usman vir indrukwekkende oorwinning

# Gemengde Gevegskuns: Die voormalige middelgewigkampioen Dricus du Plessis het vroeër vanoggend ‘n indrukwekkende oorwinning oor Kamaru Usman in Oklahoma City behaal. Albei vegters het na die UFC-kryt teruggekeer nadat hulle byna ‘n volle jaar se aksie misgeloop het. Die eenparige punte-beslissing plaas Du Plessis weer op koers nadat hy sy UFC-titel in Augustus 2025 aan Khamzat Chimaev afgestaan het. Du Plessis het die huidige kampioen, Sean Strickland, twee keer gewen en hy hoop die Usman-oorwinning sal as oorweging dien vir nog ‘n titelgeveg. Dit was Usman se vierde nederlaag in vyf gevegte.