Skip to content

Gematigde party van Rob Jetten wen kop-aan-kop verkiesingswedloop in Nederland

# Rob Jetten se gematigde liberale party het volgens stemontledings Woensdag se verkiesing in Nederland gewen. Jetten se D66 het tans ‘n noue voorsprong van 15-duisend stemme oor die anti-Islam-populis Geert Wilders, maar ontledings toon Wilders se Vryheidsparty kan hom nie meer kan verbysteek nie. Die plaaslike nuusagentskap ANP sê hoewel al die stemme nog nie getel is nie, kan Wilders nie meer wen nie. Die 28-jarige Jetten sê hy is baie trots op die geskiedkundige uitslag, maar het nou ‘n groot verantwoordelikheid om ‘n bestendige regering saam te stel.