Skip to content

Geen aanduiding dat die kragonderbreking in Spanje en Portugal ‘n kuberaanval was nie

# Die president van die Europese Raad, António Costa sê daar is geen aanduiding van sabotasie of ‘n kuberaanval nadat groot dele van Spanje en Portugal gister kragonderbrekings ondervind het nie. Die onderbrekings het verkeersligte ontwrig en chaos in reissentrums veroorsaak en alle tenniswedstryde by die Madrid Ope is gestaak. Die Portugese elektrisiteitsowerheid sê dit is veroorsaak deur ‘n seldsame atmosferiese verskynsel wat verband hou met temperatuurwisseling. Dit kan tot ‘n week neem om te herstel.