# President Donald Trump van Amerika en sy Egiptiese ampsgenoot, Abdel Fattah al-Sisi, bied vandag in Sharm el-Sheikh ʼn beraad vir meer as 20 wêreldleiers aan. Die beraad wil die oorlog in die Gaza-strook beëindig, pogings verskerp om vrede en stabiliteit in die Midde-Ooste te bewerkstellig, en ʼn nuwe era van sekuriteit en bestendigheid in die streek inlui. Hulle sal ook die volgende fase van Trump se 20-punt-vredesplan bespreek. Die Franse president Emmanuel Macron, die Verenigde Koninkryk se eerste minister Keir Starmer, en die Duitse kanselier Friedrich Merz sal ook teenwoordig wees.
Gaza-vredesberaad wil nuwe era van bestendigheid in Midde-Ooste inlui