# Gaza se burgerlike verdedigingsagentskap sê Israelse aanvalle het vandag minstens 44 mense regoor die oorloggeteisterde Palestynse gebied se lewens geëis. Israel het sy militêre offensief teen Hamas verskerp. Hulp het gister vir die eerste keer in meer as twee maande die Gaza-strook binnegegaan, na wye veroordeling van Israel se algehele blokkade wat tot tekorte aan kos en medisyne gelei het. Die Israelse weermag het Saterdag sy offensief in Gaza verskerp en gesê dit is gemik daarop om Hamas, die Islamistiese groep wat die Palestynse gebied beheer, te verslaan.
Gaza-agentskap sê minstens 44 mense is vandag in Israelse aanvalle dood