Skip to content

Gaza-agentskap sê 20 mense, insluitende ses kinders, is dood in oornag-lugaanvalle

# Die burgerlike verdedigingsagentskap van Gaza sê 20 mense, insluitende ses kinders, is dood in twee Israelse lugaanvalle. Die Israelse Weermag stel ondersoek in. Die aanvalle het plaasgevind nadat die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, en die Amerikaanse president, Donald Trump, in Washington gepraat het oor die deurlopende veldtog om Hamas in Gaza te verslaan. Nethanyahu het Israel se doelwitte herbevestig om die vrylating van alle gyselaars te verseker wat tydens die Palestynse militante se aanvalle op 7 Oktober 2023 ontvoer is, asook die uitskakeling van sy militêre en regeringsbevoegdhede.