Skip to content

Gautengse verkeerspolisie bekommerd oor toename in voorvalle op betaal-naweek

# Gautengse verkeerspolisie het kommer uitgespreek oor die toename in botsings tydens betaaldag-naweke. Sedert Vrydag is meer as 20 voorvalle aangemeld waarvan sommige noodlottig, en ander ernstig en minder ernstig was. Gauteng se verkeerswoordvoerder, Obed Sibasa, sê die oorsake is dronkbestuur, spoed en roekelose bestuur. Op belangrike Johannesburgse roetes soos die N1, N14, M1-Suid en N12 is talle mense dood en ander ernstig beseer. Sibasa raai motoriste aan om stadig te ry, nie te drink en bestuur nie en uiters versigtig op paaie te wees.