Skip to content

Gautengse Veiligheidskomitee vra vir statusverslag oor ondersoek na taxi-verwante moorde

# Die Gautengse portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid het ‘n formele verslag van die provinsiale Polisiekommissaris, Tommy Mthombeni aangevra oor die status en vordering met ondersoeke na taxi-verwante moorde. Dit volg na drie lede van die Witwatersrandse Afrika-taxi-vereniging Maandagoggend in Soweto doodgeskiet is. Slegs in Maart is elf taxi-operateurs in Katlehong buite Germiston in Johannesburg vermoor. Die komiteevoorsitter, Bandile Masuku, sê die polisie moet hulle intelligensiegeleide operasies verskerp en vinnig arrestasies doen om die misdadige elemente uit te roei wat die geweld aanwakker.