Skip to content

Gautengse toerisme-ekonomie styg tot meer as R40-miljard in buitelandse inkomste [KLANK]

# Gauteng se LUR vir Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling, Lebogang Maile, sê dié provinsie is Afrika se toerisme-poort wat die beste met die wêreld verbind is. Meer as 3,8-miljoen internasionale passasiers het in die 2024/2025-boekjaar die provinsie binnegekom. As gevolg van hierdie toename was internasionale toeriste se bydrae tot die ekonomie 41-miljard-rand terwyl die teiken 29-miljard-rand was. Maile sê ten spyte van die positiewe groei, bedreig geopolitieke spanning die sektor en die hoë misdaadsyfer wek ook kommer:

ENG MaileOnTourism