# Die Gautengse regering verwerp die DA-burgemeesterskandidaat vir Johannesburg, Helen Zille, se bewering dat premier Panyaza Lesufi onregmatig krediet aanvaar vir elektrisiteit-ingrypings in die provinsie. Die DA het ʼn video versprei oor die insameling van fondse om ʼn nuwe blou transformator te koop en saam met Eskom te werk om krag te herstel in gebiede soos Dobsonville, Meadowlands en Snake Park. Lesufi het ook foto’s versprei waar ʼn transformator in Snake Park onder Operasie Khanyisa vervang word. Die provinsiale regering se woordvoerder, Elijah Mhlanga, sê Zille se bewerings is vals en misleidend:
Gautengse regering verwerp Zille se bewering dat Lesufi onregmatig krediet aanvaar vir transformator in Soweto [KLANK]
ENG MhlangaONInterventions