Skip to content

Gautengse regering verdedig uitkomste van beleggingskonferensies [KLANK]

# Die Gautengse regering verwerp die DA se bewerings dat beleggingsverbintenisse van sy konferensies nie verwesenlik word nie. Regeringswoordvoerder Elijah Mhlanga sê beleggingsbeloftes word oor jare ingestel en moenie as onmiddellike besteding beoordeel word nie. Hy sê projekte ter waarde van 89,5-miljard-rand is tans aan die gang, en verwys na die Chery-groep se verkryging van Nissan se aanleg in Rosslyn. Mhlanga sê infrastruktuur, energie, water en openbare veiligheid bly belangrike voorkeure:

ENG-MhlangaOnInvestments