# Die Gautengse regering sê die DA se verklaring oor die alternatiewe boutegnologie-behuisingsprojek in Vosloorus Uitbreiding 9 in Ekurhuleni is misleidend. Die party sê die metro het reeds meer as 56-miljoen-rand bestee aan die alternatiewe boutegnologie-projek, maar dis na jare steeds onvoltooid, gevandaliseer en verlate. Die DA beskuldig premier Panyaza Lesufi dat hy die behuisingsprojek laat verval het. Die provinsiale regering se woordvoerder, Elijah Mhlanga, sê die DA se doelbewuste poging om die skuld op Lesufi se administrasie te pak, is oneerlik en misleidend:
Gautengse regering sê DA se bewerings oor Vosloorus-behuisingsprojek is misleidend [KLANK]
ENG MhlangaONHousingProject