# Die Gautengse regering betreur die tragiese dood van vyf jongmense in Ga-Rankuwa, Tshwane. Die seuns tussen 17 en 19 jaar is dood nadat hulle koolstofmonoksied ingeasem het van ʼn vuurblik wat hulle in hul toe kamer gesit het om warm te bly. Die polisie het ʼn geregtelike dossier geopen. ʼn Woordvoerder van die provinsiale regering, Elijah Mhlanga, sê inwoners word herinner om uiters versigtig te wees wanneer hulle verhittingstoestelle soos vuurblikke, paraffienstowe en kragopwekkers gebruik.
Gautengse regering betreur dood van vyf tieners in Ga-Rankuwa