Skip to content

Gautengse premier vra polisie om verbyry-skieters in Reiger Park-moorde op te spoor [KLANK]

# Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, het ‘n beroep op die polisie gedoen om die mense wat verantwoordelik was vir die noodlottige verbyry-skietery in Reiger Park, Ekurhuleni, vas te trek. Ses mense is dood en nog drie is gewond toe mense in twee Polo-motors Saterdagaand op hulle losgebrand het. ‘n Gespesialiseerde span speurders ondersoek die skietery. Lesufi het Sondag die inwoners van Reiger Park toegespreek en bewerings veroordeel dat sommige polisiebeamptes met misdadigers saamwerk:

ENG LesufiOnPolice