Skip to content

Gautengse portefeuljekomitee woon borgtogverhoor by van Eldoradopark-ouers op moordklag

# Die Gautengse provinsiale wetgewer se portefeuljekomitee vir Gemeenskapsveiligheid gaan vandag by die Eldoradopark-gemeenskap en verskeie burgerregte-organisasies by die Protea-landdroshof aansluit. Twee ouers wat beskuldig word van aanklagte wat verband hou met die mishandeling, verkragting en moord op hul vierjarige kind, gaan hier om borgtog aansoek doen. Die Staat het verlede week nog drie klagtes teen die pa ingedien. Hy staar nou vyf aanklagte in die gesig wat moord, verkragting en aanranding insluit. Die komitee vra streng vonnisse indien die ouers skuldig bevind word.