# Die Gautengse polisiekommissaris Tommy Mthombeni het hulde gebring aan gevalle beamptes wat in die uitvoering van hul pligte gesterf het en sê hulle het getrou gebly aan hul ampseed. Hy het gister ‘n Provinsiale Herdenkingsdag in Johannesburg toegespreek. Vier beamptes is gedurende die 2024/2025-boekjaar in die provinsie aan diens dood. Kranse is gelê, en die name van die oorlede lede is op die SAPD Gauteng-gedenkmuur gegraveer. Mthombeni sê die herdenking beklemtoon die gevare waarmee polisiebeamptes te kampe het:
Gautengse polisiekommissaris beklemtoon opofferings van gestorwe beamptes in die uitvoering van hul pligte [KLANK]
ENG MthombeniOnFallenOfficers