# Die Gautengse polisie en sy vennote in wetstoepassing sal vandag amptelik sy Veiliger Feestyd-operasies in die Tsakane-stadion in Ekurhuleni van stapel stuur. Die operasies is ‘n poging om misdaad te voorkom en te bestry deur verhoogde polisie-optrede en sigbaarheid. Dit is om te verseker dat inwoners en besoekers veilig voel, terwyl mense wat met vakansie gaan, gerus kan wees dat hul eiendom beveilig sal word. Die Gautengse kommissaris van Polisie, Tommy Mthombeni, premier, Panyaza Lesufi, en die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Tebelo Mosikili, sal teenwoordig wees.
Gautengse polisie gaan provinsie se gereedheid verklaar vir ‘n veiliger feestyd