Skip to content

Gautengse polisie begin met soektog ná noodlottige skietvoorval by Milpark-hospitaal

# Die Gautengse polisie het ‘n soektog van stapel gestuur ná ‘n 45-jarige man by die Milpark-hospitaal in Johannesburg doodgeskiet is. Die slagoffer is Woensdagaand in die parkeerterrein aangeval nadat hy glo ‘n vriend gaan besoek het. Die rede vir die skietery is tans onbekend. ‘n SAPD-woordvoerder, Tinswalo Sibeko, het bevestig ‘n moordsaak is geopen en die ondersoek duur voort. Niemand is nog inhegtenis geneem nie.