# Gauteng se LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, het kommer uitgespreek oor korrupsie met leerdervervoer. Dit volg ná ʼn omvattende interne assessering wat korrupsie, finansiële wanbestuur en bestuursmislukkings by provinsiale staatskole onthul het. Maile sê daar is prima facie bewyse dat sommige diensverskaffers ʼn wanvoorstelling verskaf van die gehalte, hoeveelheid en toestand van voertuie wat leerders vervoer. Hy sê leerdervervoer-kontrakte sal strenger geoudit word. Dit sal onmiddellik gestaak word indien diensverskaffers voertuie oorlaai of hul getal voertuie verkeerd aandui:
Gautengse Onderwys-LUR sê leerdervervoerkontrakte sal strenger geoudit word [KLANK]
ENG MaileOnScholarTransport