# Gauteng se LUR vir Paaie en Vervoer, Kedibone Diale-Tlabela, ontken die DA se bewering dat haar departement versuim het op te tree teen amptenare wat by ʼn kwessie oor bus-subsidies betrek word. Die DA het kommer uitgespreek oor die uitreiking van bus-subsidies onder die Openbare Vervoer-bedryfstoelaag in die 2015-2016- en 2016-2017-boekjare. Die LUR se woordvoerder, Lesiba Mpya, sê die departement beskerm nie amptenare nie. Hy sê tugstappe is ingestel teen die departement se voormalige hoof terwyl agt amptenare na ʼn ondersoek aangekla is:
Gautengse LUR vir Vervoer ontken bewerings oor bus-subsidie [KLANK]
ENG MpyaONBusSubsidy