Skip to content

Gautengse LUR vir Onderwys besoek vandag die families van leerders wat in ‘n ongeluk in Daveyton dood is

# Die Gautengse LUR vir Onderwys, Matome Chiloane, besoek vandag die families van die leerders wat Maandag dood is in ‘n noodlottige motorongeluk op die N12 in Daveyton, Ekurhuleni. Verskeie voertuie was betrokke in die botsing op die N12-weswaarts naby die Putfonteinweg-afrit. Die oorledenes sluit in twee graad 1- en graad 3-broers van die Tom Newby Primary School en ‘n graad 1-leerder van die Rynfield Primary School. Die departement sê ’n ondersoek na die ongeluk duur voort.