# As deel van die Siyeza Nakuwe-diensleweringsveldtog besoek die Gautengse LUR vir Menslike Nedersettings, Tasneem Motara, vandag drie behuisingsprojekte in Ekurhuleni. Die doel is om die staat se dienste na gemeenskappe te bring en die instelling van belangrike nedersettingprojekte op grondvlak te beoordeel. Die LUR besoek die Thinasonke-, Helderwyk- and John Dube-behuisingsprojekte. Die departement se woordvoerder, Terry-Ann Van Eck, sê hierdie besoeke is deel van die departement se voortgesette pogings om diensleweringsprobleme te hanteer.