# Die Gautengse LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, het inwoners gewaarsku oor die toename in malariagevalle in die provinsie. Ekurhuleni is een van die distrikte in die provinsie met die hoogste aantal gevalle, met 25 per 100-duisend mense tussen Januarie 2022 en Desember 2024. Die toename word hoofsaaklik toegeskryf aan reise na endemiese gebiede soos Limpopo, Mpumalanga, Mosambiek, Zimbabwe en Malawi gedurende die feestyd en Paasseisoen. Nkomo-Ralehoko sê inwoners moet dadelik mediese hulp soek as hulle simptome toon nadat hulle hoërisiko-gebiede besoek het.