# Die Gautengse Gesondheidsdepartement herdenk vandag Internasionale Verpleegkundigedag by die Heidelberg-hospitaal in die Sedibeng-omgewing. Hierdie jaarlikse viering, wat Maandag wêreldwyd gehou is, vereer verpleegsters en herdenk die geboorte van Florence Nightingale, die stigter van moderne verpleging. Die Departement sê vanjaar se tema ‘Our Nurses. Our Future. Caring for nurses strengthens economies’ beklemtoon die belangrike rol van verpleegkundiges in die gesondheidstelsel en die belang daarvan om te belê in hulle welstand om ekonomiese groei te versterk.
Gautengse Gesondheidsdepartement vier Internasionale Verpleegkundigedag by Heidelberg-hospitaal