# Die Gautengse Gesondheidsdepartement sê Section27 se onlangse bewerings oor die hervestiging van pasiënte van die Talisman-stigting, ʼn verskaffer van geestesgesondheidsorg in Johannesburg, is misleidend. Die organisasie beweer die departement se pogings om die pasiënte te verskuif, is ongekoördineerd en die betrokke families is nie voldoende geraadpleeg nie. Die departement sê geen pasiënte is van die Talisman-stigting verskuif nie. Hy voeg by enige oorplasings sal op ʼn gestruktureerde en wettige manier gedoen word.
Gautengse Gesondheidsdepartement verwerp Section27 se bewerings