# Die Gautengse Gesondheidsdepartement monitor gesondheidsinrigtings in Johannesburg wat weens Rand Water se voortgesette onderhoudswerk geraak word. Die werk duur tot 21 Julie. Die Charlotte Maxeke Johannesburgse Akademiese Hospitaal is ten volle in werking en 75-persent van sy nege-miljoen-liter gebergde water is steeds beskikbaar. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê voorrang word aan noodgevalle gegee in die Helen Joseph-hospitaal weens lae watervlakke, maar tenkwaens is ontplooi:
Gautengse Gesondheidsdepartement verseker voortgesette diens ondanks wateruitdagings [KLANK]
ENG ModibaOnWaterMonitoring