# Die Gautengse LUR vir Paaie en Vervoer, Kedibone Diale-Tlabela, sê versplintering in e-taxi-leierskap belemmer vordering met die oplossing van bedryfsgeskille. Tlabela het voor Maponya Winkelsentrum gepraat ná die dood van ‘n e-taxi-bestuurder en gesê die departement beplan om die sektor te formaliseer om deurlopende betrokkenheid te verseker en onwettige bedrywighede aan te pak. Sy beklemtoon die departement sal tussen taxi-operateurs en e-taxi-groepe bemiddel om ‘n billike bestaan vir almal in die vervoersektor te verseker:
Gautengse Departement van Vervoer wil e-taxisektor formaliseer [KLANK]
ENG-Diale-TlabelaOnE-hailing