# Die DA in Gauteng het die Gautengse Provinsiale Regering geprys vir die hofsaak teen die Stad Tshwane oor onwettige storting en grondbesetting langs Centurion se Hennopsrivier. Die hofsaak is vir 13 Augustus geskeduleer. Leanne de Jager van die DA sê ondersoeke sedert 2021 het ernstige impak op die omgewing, insluitende water- en lugbesoedeling, getoon. Sy sê die hofsaak is ‘n oorwinning vir omgewingsgeregtigheid.
Gautengse DA verwelkom hofoptrede om die Hennopsrivier te beskerm