Skip to content

Gautengse ANC-taakspan se werkskomitee is verbind tot hernuwingsproses

# Die ANC in Gauteng se provinsiale taakspanwerkskomitee het Maandag sy eerste vergadering gehou waar dit ooreengekom het om onmiddellik te begin met take in ooreenstemming met die mandaat wat van die party se nasionale uitvoerende komitee ontvang is. Die provinsiale uitvoerende komitee is verlede week hersaamgestel ná die swak vertoning in die algemene verkiesing in 2024. Die werkskomitee sê hulle fokus op die herbou van ANC-strukture, hulle sal seker maak leiers werk saam en sal toesig hou oor ontplooide kaders se werk om dienslewering te verseker.