# Die Portefeuljekomitee van die Gauteng Wetgewer oor Gemeenskapveiligheid is bekommerd nadat vyf misdaadvoorkomingsbewaarders Sondag in ‘n geweldadige aanval in Daveyton beseer is. Gewapende aanvallers, na bewering met hoëkaliber wapens waaronder ‘n AK-47, het op die bewaarders geskiet terwyl hulle op ‘n roetine patrollie was. Die voorsitter van die komitee, Bandile Masuku het die dringende behoefte vir beter opleiding, toerusting en ondersteuning vir bewaarders beklemtoon:
Gauteng Veiligheidskomitee bekommerd oor aanval op misdaadvoorkomingsbewaarders [KLANK]
ENG-MasukuOnWardens