# Die Gauteng Departement van Menslike Behuising het die DA se bewering verwerp dat die Montrose Mega Stad-projek in Randfontein weens verwaarlosing verlaat is. Die party het Dinsdag ‘n oorsigbesoek aan die behuisingsprojek gebring en gesê dit gaan net agteruit en is ‘n simbool van wanbestuur en verwaarlosing. Die woordvoerder van die departement, Tahir Sema, sê werk aan Montrose is in Junie 2024 tydelik gestaak na die beëindiging van die ontwikkelaar se kontrak weens gebrekkige vordering. Hy sê dit was daadwerklike toerekenbaarheid, nie verwaarlosing nie:
Gauteng se Behuisingsdepartement sê DA-bewering oor verwaarloosde Montrose-projek is misleidend [KLANK]
ENG SemaONMontrose