# Gauteng se polisiekommissaris, Tommy Mthombeni, waarsku dat Suid-Afrikaners wat onwettige immigrante huisves of in diens neem, boetes van tot tien-duisend-rand en moontlik strafregtelike gevolge kan verwag. Dit volg terwyl wetstoepassingsagentskappe hul voorbereiding verskerp in aanloop tot Dinsdag se landwye betogings teen onwettige immigrante. Mthombeni sê planne is gereed om wet en orde te handhaaf en openbare veiligheid tydens die betogings te verseker. Hy sê owerhede sal die verwikkelinge op die grond en uit die lug dophou.
Gauteng polisie waarsku Suid-Afrikaners om nie onwettige immigrante te huisves nie