Skip to content

Gauteng Onderwysdepartement verbind tot verbetering van leer en veiligheid in skole

# Die Gautengse Onderwysdepartement het sy verbintenis tot die verbetering van onderrig, leer en veiligheid regoor die provinsie herbevestig. Meer as agtduisend-500 slimklaskamers is bekendgestel, toegerus met interaktiewe LED-vertoonborde om digitale leer te ondersteun. Spesiale skole trek steeds voordeel uit 655 voltydse spesialiste, terwyl die Samson LSEN School in Katlehong 8,9-miljoen-rand ontvang het om vaardigheidsopleiding te bevorder. ​​Die Nancefield Primary School se infrastruktuurprojek is tans 69-persent voltooi.