Skip to content

Gauteng hospitaal herlei ambulanse weens inwoners se protesaksie oor watertekort [KLANK]

# Die Departement van Gesondheid in Gauteng sê ambulanse op pad na die Rahima Moosa Moeder en Kind-hospitaal in Coronationville word herlei. Dis weens die volgehoue protesaksie oor die watertekort in die omgewing. Geweld het gister tussen die polisie en inwoners in Westbury en Coronationville uitgebreek. Die strate buite die hospitaal was oortrek met leë skokgranaat patroondoppe en gebreekte glas. Die woordvoerder van die departement, Motalatale Modiba, sê die plofbare situasie beïnvloed nooddienste:

ENG ModibaOnAmbulances