# Die Gautengse Gesondheidsdepartement veroordeel die diefstal van openbare eiendom by die Hillbrow-sentrum vir gemeenskapsgesondheid in Johannesburg. Drie werkers van die Uitgebreide Openbarewerkeprogram is vasgetrek vir die diefstal van 45 bokse A4-papier by die sentrum. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê die diefstal van openbare hulpbronne wat die lewering van gesondheidsdienste moet ondersteun, is onaanvaarbaar. Hy sê elke artikel wat die departement aankoop, word met staatsgeld betaal en is vir pasiënte bedoel:
Gauteng Gesondheid veroordeel diefstal van openbare eiendom by Hillbrow-sentrum [KLANK]
ENG MabonaONTheft