Skip to content

Gauteng Gesondheid gryp in om pediatriese dienste by Charlotte Maxeke-hospitaal te verbeter [KLANK]

# Die Gautengse Gesondheidsdepartement het deur bemiddeling die toegang tot pediatriese chirurgiese dienste verbeter en wagtye verminder vir kinders wat gespesialiseerde chirurgiese sorg by die Charlotte Maxeke Johannesburg Akademiese Hospitaal benodig. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê die aksies sluit in die versterking van teater-doeltreffendheid, die verbetering van waglys-bestuur en die skedulering van chirurgiese gevalle asook ‘n waarborgprogram wat behandeling verseker en verbeterde pasiëntvloei en benutting van teaters by alle Gautengse openbare hospitale ondersteun:

ENG MabonaONInterventions