# Die Gautengse Departement van Gesondheid hou die week verskeie loopnaauitstallings by sy verpleegkundekampusse en hospitale in al vyf distrikte. Die veldtog is gemik op jeugwerkloosheid deur loopbane in openbare gesondheidsorg, insluitend verpleegkunde, nood mediese dienste, fisioterapie, spraakterapie en aptekerswese ten toon te stel. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê die tentoonstellings is deel van die Youth Health Plug 2025, ‘n veldtog wat geskep is om die jeug te bemagtig deur blootstelling, interaksie en inspirasie in die gesondheidsektor. Die tentoonstellings eindig Vrydag.
Gauteng Gesondheid bied loopbaan-tentoonstellings by verpleegkunde-kampusse en hospitale aan [KLANK]
ENG-ModibeOnExpo