# Die Gautengse portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid het die inhegtenisneming van twee verdagtes verwelkom, wat vermoedelik deel is van ‘n gesofistikeerde vuurwapensmokkelsindikaat. Die verdagtes is Maandag in Meyersdal, Johannesburg, in hegtenis geneem met 30 ongelisensieerde vuurwapens wat na bewering vir die Wes-Kaap bedoel was. Hulle staan tereg op verskeie aanklagte, insluitend die onwettige besit en handel in ongelisensieerde vuurwapens. Die komitee sê ongelisensieerde en onwettige vuurwapens is nie bloot instrumente van geweld nie; hulle skep moontlikhede vir georganiseerde misdaad, moord, gewapende roof, geslagsgeweld en bendeverwante aktiwiteite.
Gauteng Gemeenskapsveiligheidskomitee verwelkom vastrek van vuurwapensmokkelsindikaat