Skip to content

Gauteng behuising-begunstigdes mag nie buitelanders se spaza-winkels by hulle huise toelaat nie [KLANK]

# Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, het begunstigdes van nuutgeboude regeringshuise versoek om nie toe te laat dat spaza-winkels van buitelanders vanaf hul eiendomme bedryf word nie. Hy het gister 105 voltooide huise by die Westonaria Borwa Mega-projek in die Wes-Rand oorhandig. Die woordvoerder van die Departement van Menslike Nedersettings, Tahir Sema, sê behuisingsontwikkelings behoort ekonomiese geleenthede vir plaaslike entrepreneurs te skep. Hy sê die premier het voornemende plaaslike entrepreneurs aangemoedig om gebruik te maak van regeringsbefondsing wat beskikbaar is deur die Departement van Kleinsake-ontwikkeling om hul eie ondernemings te vestig:

ENG SemaONLesufi