# Die G7-lande se leiers het hulle eenparige ondersteuning vir Israel herhaal en gevra dat vyandelikhede in die Midde-Ooste afgeskaal word. In Iran is minstens 224 mense dood sedert die konflik vyf dae gelede begin het terwyl 24 in Israel gesterf het. Die G7-lande het Iran veroordeel omdat die land volgens hulle die hoofbron van onbestendigheid en terreur in die streek is. Die leiers het herhaal dat Iran nooit kernwapens mag hê nie.
G7-leiers vra afskaling van konflik in Midde-Ooste