Skip to content

Franse polisie ondersoek varkkoppe voor moskees in Parys

# Die Franse polisie stel ondersoek in nadat varkkoppe voor verskeie moskees in Parys gevind is. Die minister van Binnelandse Sake, Bruno Retailleau, het die optrede veroordeel en dit skandalig en absoluut onaanvaarbaar genoem. Hy sê sy Moslem-landgenote moet hul geloof in vrede kan uitleef. Frankryk is die tuiste van die grootste Moslem-gemeenskap in die Europese Unie, asook as die grootste Joodse bevolking buite die Verenigde State en Israel self.