# Frankryk is die jongste land wat amptelik ʼn Palestynse staat erken. Dit volg nadat internasionale druk teen Israel toeneem oor die humanitêre krisis in Gaza en die oprigting van nedersettings in die Wesoewer. België, Monaco, Malta, Luxemburg en Andorra het ook hul ondersteuning vir ʼn Palestynse staat verklaar tydens ʼn hoëvlakvergadering oor ʼn tweestaatoplossing in New York. Die Franse president Emmanuel Macron sê die erkenning van Palestyne se regte neem niks weg van Israel se regte nie.
Frankryk en talle ander lande erken amptelik ’n Palestynse staat