# Europese moondhede hoop om ‘n diplomatieke oplossing te bied om die oorlog tussen Iran en Israel te beëindig tydens gesprekke in Genève met Iran se minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi. Dit volg terwyl Amerikaanse president, Donald Trump, die moontlikheid oorweeg om ook by die oorlog betrokke te raak. Die Franse president Emmanuel Macron sê sy minister van Buitelandse Sake, Jean-Noël Barrot, sal sy Iranse eweknie ontmoet met ‘n volledige diplomatieke en tegniese aanbod vir onderhandelings. Macron sê Frankryk en sy bondgenote, Duitsland en Brittanje, sal ‘n diplomatieke oplossing voorlê.
Frankryk, Duitsland en Brittanje wil oorlog tussen Iran en Israel beëindig met diplomatieke oplossing