# Frankryk het aangekondig hy beboet die e-handelsreus Shein teen ‘n rekordbedrag van 827-miljoen-rand en sê Shein het klante mislei oor sy pryse en sy impak op die omgewing. Die Franse mededingings- en bedrogkantoor het gesê die ondersoek het bevind Shein gebruik “misleidende kommersiële praktyke teenoor verbruikers rakende prysverlagings”. Die kleinhandelaar, wat in China gestig is, het die boete aanvaar. Shein het gesê hy het binne twee maande die nodige korrektiewe stappe ingestel, nadat hy in Maart verlede jaar bewus geword het van die ondersoek teen hom. Shein het ook bygevoeg hy bly verbind tot deursigtigheid.
Frankryk beboet Shein met R827-miljoen vir misleidende praktyke