# Forum for South Africa verwelkom die parlementêre ampsklagkomitee se besluit om president Cyril Ramaphosa se dringende hofaansoek teen te staan, wat daarop gemik is om die ampsklagproses te stop. FOSA se leier, Tebogo Mashilompane, sê die poging wek ernstige kommer oor aanspreeklikheid, deursigtigheid en respek vir demokratiese instellings. Hy sê die proses is ‘n grondwetlike meganisme wat ontwerp is om te verseker dat diegene in die hoogste amp aanspreeklik gehou word:
FOSA verwelkom ampsklagkomitee se ferm standpunt in die verdediging van sy grondwetlike verantwoordelikhede [KLANK]
ENG TebogoOnImpeachment